Confirmed on the employer's own hiring board on Oct 23, 2026. First seen by Alion on Oct 22, 2026. Ligpos scores B on the Alion truth index.
EKSTERNE VERKOOPSAGENT (VURKHYSER (Forklift), BATTERYE EN ONDERDELE)
Ligging: Germiston, Gauteng
Possoort: Voltyds (Eksterne Verkope)
Vergoeding: Markverwant (R10 000 Basiese salaris + kommissiestruktuur + motor-/reistoelaag)
Oor die Pos
Ons is op soek na ’n resultaatgedrewe eksterne verkoopsagent om by ons span in Germiston aan te sluit. In hierdie rol sal jy verkoopsinisiatiewe dryf en ons kliëntebasis uitbrei deur vurkhysers, batterye, onderdele en verwante dienste te bemark en te verkoop.
Jou hooffokus sal wees om sterk verhoudings met nuwe en potensiële kliënte te bou, tegniese verkoopsaanbiedings te doen en te verseker dat kliënte tevrede is, terwyl volhoubare inkomstegroei bevorder word.
Sleutelverantwoordelikhede
Besigheidsontwikkeling: Identifiseer en volg nuwe verkoopsgeleenthede in Germiston en omliggende gebiede op deur middel van cold calling, netwerk uitbouing en verwysings.
Produkverkope en oplossings: Verkoop vurkhysers,vurkhysersbatterye, onderdele en oplossings vir instandhouding en herstelwerk aan kommersiële en industriële kliënte.
Kliënteverhoudings: Bou en handhaaf langtermynverhoudings met kliënte om herhalende besigheid en langtermynkontrakte te bevorder.
Aanbiedings en demonstrasies: Doen doeltreffende verkoopsaanbiedings, besoeke aan kliënte se persele en produkdemonstrasies wat by die spesifieke behoeftes van elke kliënt aangepas is.
Bestuur van verkoopsgeleenthede: Genereer en bestuur verkoopsleidrade, verseker tydige opvolgaksies, stel kwotasies op en omskep verkoopsgeleenthede in werklike verkope.
Markbewustheid: Bly op hoogte van bedryfstendense, mededingers se aktiwiteite en produkontwikkeling om ons produkte en dienste doeltreffend te posisioneer.
Verslagdoening: Stel akkurate verkoopsvoorspellings en verslae op en voorsien terugvoer aan bestuur.
Vereistes
Bewese ervaring in eksterne verkope of veldverkope. Ervaring in die vurkhysers, swaartoerusting-, motorvoertuig- of industriële voorsieningsbedryf sal sterk voorkeur geniet.
Kennis van vurkhysers, batterye en tegniese onderdele sal ’n groot voordeel wees.
Uitstekende interpersoonlike, kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede.
’n Bewese rekord van die bereiking of oorskryding van verkoopsteikens.
’n Geldige Suid-Afrikaanse bestuurslisensie (Kode 08/EB) en die bereidwilligheid om binne die toegewysde gebied te reis.
Goeie rekenaarvaardighede. Ervaring met CRM-sagteware sal ’n voordeel wees.

